Alles is gereed vir Swapo se kongres wat môre begin

Alles is gereed vir Swapo se verkiesingkongres wat môre begin en tot Sondag loop. Die kongres is uiters belangrik vir ieder en elk in die land omdat die verkiesing vir die party se vise-president gedurende die kongres sal plaasvind. Die kandidaat sal na verwagting Swapo se presidensiële kandidaat in 2024 wees. Die party se woordvoerder, Hilma Nicanor sê afgevaardigdes is reeds in die hoofstad.