Alles is gereed vir Ongwediva se handelskou

Alles is volgens berigte gereed vir die jaarlikse Ongwediva Handelskou wat vir die eerste keer in twee jaar plaasvind. Die skou is uiters belangrik vir die noordelike ekonomie. Volgens Jackson Muma, woordvoerder van die Ongwediva dorpsraad, vind dit vanaf 26 Augustus tot 2 September plaas.