GIPF sal sy MTC aandeel vergroot, onder die regte toestande

Die Staatsinstellings Pensioenfonds sê hy is gereed om sy huidige 28 persent belang in MTC te vergroot, indien die geleentheid hom voordoen, en dit word ondersteun deur ‘n aanbeveling van sy batebestuurders. Die aankondiging kom na Namibian Post and Telecom Holdings aangedui het hy moet nog besluit wat om te doen met die oorblywende 9 persent aandele wat hy besit ná die notering van MTC. Volgens David Nujoma, uitvoerende hoof by die fonds, stel sy batebestuurders voortdurend ondersoek in geleenthede in die  mark en sou hulle dit gepas vind, sal die fonds die aandele aankoop.