Alles is gereed vir Keetmans-verkiesings, ten spyte van naweek se drama

Die Verkiesingskommissie van Namibië is slaggereed vir vandag se tussenverkiesing van die Keetmanshoop-landelike kiesafdeling, ondanks die ‘vyandige situasie’ wat die naweek op die Suide-dorp geheers het. Opposisiepartye onder leiding van die Landless Peoples’ Movement het die naweek by die polisiestasie op Keetmanshoop weens bewerings van ongerymdhede uitgekamp en betoog. Die hoofverkiesingsbeampte van die kommissie, Theo Mujoro het ‘n beroep op politieke partye en kiesers gedoen om die kiesregulasies te gehoorsaam.