Allerbelangrike uitspraak oor HKIA-vraghantering vandag

Vraghantering op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe sal vandag tot ‘n stilstand kom in afwagting vir die uitspraak in Menzies Aviation se dringende aansoek teen Paragon en Ethiopian Airlines se ontvangs van die vraghanteringstender. Regter Shafimana Ueitele sal na verwagting vanoggend om tien-uur uitspraak lewer in Menzies se dringende aansoek vir redelike kennisgewing om die perseel te ontruim, sowel as tussentydse verligting tot sy aansoek vir ‘n oorsig, van die weiering van sy tender vir vraghantering, aangehoor kan word. Die opheffing van Menzies se kontrak het veroorsaak dat Qatar Airways en Lufthansa alle vragvervoer vanaf die lughawe opgeskort het en alleenlik hervat het toe Menzies weer deur die hof toegelaat is om die hantering voort te sit tot die hofgeding afgehandel is.