Alleenlik koplose mannekyne sê Islamitiese polisie

Winkels in Kano in Nigerië is deur die Islamitiese polisie beveel om slegs koplose mannekyne te gebruik om klere te adverteer. Die mannekyne moet te alle tye bedek wees, omdat dit teen die Sharia-wet is om die vorm van ‘n vrou se liggaam ten toon te stel. Kano is ‘n Moslem-meerderheidstaat in Nigerië. Die bevelvoerder van die Sharia-polisie, Haruna Ibn-Sina, het aan media gesê Islam keur afgodery nie goed nie en mannekyne met koppe lyk soos mense. Daar is nie oral ooreenstemming met die bevel nie.