Alle oë op Swapo, wed aanlyn op jou gunsteling kandidaat…

Die belangrikste Swapo-kongres in etlike jare begin vandag in die hoofstad. Die party moet sy top-vier, behalwe die party-president, verkies. President Hage Geingob sal as president van die party aanbly maar, sal na verwagting nie in 2024 as presidensiële kandidaat staan nie, al is dit moontlik na die stigterspresident Sam Nujoma destyds die Grondwet aangepas het dat hy ‘n derde termyn, tot 2005 kon aanbly. Die party se vise-president sal na verwagting die presidensiële kandidaat wees. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, adjunk-premier Netumbo Nandi-Ndaitwah en omgewingsminister Pohamba Shifeta ding mee vir die pos. Intussen berig plaaslike media dat daar aanlyn gedobbel word op die wedloop, sowel as wie vir die pos van sekretaris-generaal verkies sal word. Die kongres loop Sondag tot ‘n einde.