All Blacks skrik amper teen Japan

Die All Blacks moes hard werk vir hulle oorwinning van 38-31 teen Japan in Tokio. Die Nieu-Seelanders het hulle toer in die noordelike halfrond vandag afgeskop. Elke kaartjie in die Nasionale Stadion was uitverkoop en Brodie Retallick het in die 66 minuut ʼn rooikaart gekry vir gevaarlike spel. Kazuki Himeo het naby die einde ʼn drie vir Japan gedruk maar dit was nie genoeg vir ʼn begeesterde tuisspan om Nieu-Seeland die eerste keer te klop nie.