All Blacks is reg vir Sondag

Die afrigter van die All Blacks, Ian Foster, sê hulle is gereed om Sondag ‘n eersteklas-vertoning teen Australië in die Rugby Kampioenskap te lewer. Al drie die Barrett-broers, Beauden, Jordie en Scott, is in die beginspan. Ardie Sevea voer die span aan in die afwesigheid van Sam Whitelock. Foster sê hulle was in kwarantyn in Nieu-Seeland en ook weer in Perth. Hy voeg egter by die werk wat ingesit is om die spelers voor te berei, was uitstekend en hulle sal gereed wees wanneer die fluitjie vir afskop blaas.