All Black-vleuel opgewonde om teen Bokke te speel

Rugby: Die All Blacks is onder druk nadat hulle vier van hulle afgelope vyf toetse verloor het, insluitend hul eerste reeks-nederlaag teen Ierland ooit op hulle tuisveld. Hulle speel môre in Mbombela teen die wêreldkampioen-Springbokke in die openingswedstryd van die Rugby-kampioenskap. Nieu-Seeland is die eerste keer in vier jaar in Suid-Afrika en baie van die spelers is die eerste keer in die land. Die kragtige vleuel, Caleb Clarke, kon weens ‘n besering nie deel wees van die reeks teen Ierland nie en speel môre in sy eerste toets sedert 2020.