Alitalia vervang deur ITA

Italië se bankrot nasionale lugredery sal deur ‘n nuwe een in staatsbesit vervang word wanneer Alitalia se bedrywighede in Oktober gestaak word. Die lugredery het oornag aangekondig dat hy ophou om kaartjies te verkoop en alle vlugte vanaf daardie datum sal gekanselleer word. Die nuwe redery se naam is ITA en dit sal sommige van Alitalia se vliegtuie, personeel en bates oorneem. Dit sal aan die Italiaanse ministerie van Finansies behoort en met 52 vliegtuie begin. ITA sal aanvanklik fokus op binnelandse vlugte en vlugte in Europa, asook ‘n paar roetes na New York, Boston, Miami en Tokio.