Alex Miller en Mariske Strauss wen Rock & Rut

Namibië se Alex Miller is die wenner van die 2022 Nedbank Rock & Rut-bergfietsreeks wat by die IJG Trails in Kleine Kuppe in Windhoek plaasgevind het. Hy het teen top-bergfietsryers van Australië en Suid-Afrika meegeding in sy voorbereiding vir die komende Afrika-kampioenskappe wat vanaf 21 tot 23 April sal plaasvind. Die wenner in die elite vroue-afdeling is Mariske Strauss.