Putin stel nuwe weermagbevelvoerder aan

Russiese President Vladimir Putin het ‘n nuwe bevelvoerder aangestel om die aanval in die Oekraïne te lei. Luitenant-generaal Alexander Dvornikov het in 2021 militêre oefeninge net buite Oekraïne se oostelike grens gedoen. Intussen het Russe wat teen Putin se magte in Oekraïne baklei, hul eie bataljon, Vryheid vir Rusland, gestig. Die eenheid het Oekraïnse militêre drag ontvang. Een soldaat het aan internasionale media gesê die Kremlin het vir soldate gejok oor die Oekraïnse inval.