Alcaraz verkies Olimpiese goud bo Franse Ope

Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz, het vanjaar sy visier op Olimpiese goud, eerder as om die Franse Ope te probeer wen. Die Spanjaard het sy twee Grand Slam-titels verower op die Amerikaanse Ope in 2022 en Wimbledon verlede jaar, terwyl hy in 2023 ook die halfeindstryd op Roland Garros gehaal het. Alcaraz sê as hy moet kies, sal ‘n Olimpiese gouemedalje sy eerste keuse wees. Die Franse Ope eindig op 9 Junie in Parys en die Spele se tennis-afdeling begin op 27 Julie op dieselfde stadion in die Franse hoofstad.