Aktrise Aletta Bezuidenhout sterf op 76

Die Suid-Afrikaanse aktrise Aletta Bezuidenhout is vroeg vanoggend in die ouderdom van 76 oorlede. Sy was bekend vir rolle in televisiereekse soos Sonkring en die fliek Paljas. Sy het ook in die internasionale rolprent My Country verskyn waar sy die silwerdoek met Samuel L Jackson en Juliette Binoche gedeel het. Bezuidenhout is in Kenia gebore en het drama studeer aan die Universiteit van Kaapstad. Gérard Rudolf, wat saam met haar gewerk het in Paljas, bestempel Bezuidenhout as een van die land se grootste kunstenaars.