Alcaraz is weer wêreld nommer-een

Carlos Alcaraz beklee weer die boonste posisie op die wêreldranglys nadat hy die Indian Wells-meesterstoernooi in Kalifornië gewen het. Die 19-jarige Spanjaard het die Rus Daniil Medvedev se 19 oorwinnings in ‘n ry beëindig deur hom met 6-3, 6-2 te klop en so vir Novak Djokovic as nommer een vervang. Die Serwiër ding nie in die VSA mee nie omdat hy nie ingeënt is teen Covid-19 nie. Alcaraz het die toernooi gewen sonder om ‘n enkele stel af te staan: