Albanese looi opposisie oor referendum-aanmerkings

Die eerste minister van Australië, Anthony Albanese, het die opposisieparty se standpunt oor die referendum as verdelend en opportunisties beskryf. Die leier van die Liberale Party, Peter Dutton, het verklaar dat hy ‘n veldtog sal voer teen ‘n voorstel van konstitusionele erkenning van die inheemse bevolking, die Aborigini, en die eilandbewoners van die Torres-seestraat. Hulle verteenwoordig nagenoeg 3,2 persent van Australië se bevolking, maar word nie in die land se grondwet genoem word nie. Albanese sê die referendum kan die lewe van inheemse inwoners verander: