Palestyne wil Israel uit Suid-Afrika hê

Betogers het voor die Israelse sentrum in Kaapstad bymekaargekom om lede van die Palestynse Solidariteits-veldtog te ondersteun in hul oproep vir Israel om uit Suid-Afrika geskop te word. Die organiseerder, Nadeem Hendricks, sê die betoging was ook teen Israel se apartheidsbeleid en hul stilswye terwyl Palestyne aangeval, vermoor en verhinder word om hul godsdiens uit te oefen. Hendricks het na die onlangse aanval van die Israeliese weermag op Palestyne tydens die heilige maand Ramadaan verwys en ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om in te gryp.