Albanese kuier by Biden, verskeie aspekte onder die loep

Australië se premier Anthony Albanese is op besoek aan die VSA. Ontleders meen hy sou verskeie samesprekings met president Joe Biden gehou het, ook in verband met die konflik in die Midde-Ooste, maar, die AUKUS-kernaangedrewe duikboot-program het ook onder die loep gekom. Die program, wat kernduikbote aan Australië sal lewer, het onlangs ‘n diplomatieke herrie ontketen toe Australië sy koopooreenkoms met Frankryk gekanselleer het en aangekondig het dat hy dit by sy AUKUS-bondgenote, die VSA en Verenigde Koninkryk sou bekom. Albanese sê die verkryging is tot voordeel van almal.