Al-Sissi eis Palestynse staat

Die Egiptiese president Abdel Fattah al-Sissi sê die Israelies-Palestynse vredesproses is ‘n idee op sy laaste bene en hy versoek die internasionale gemeenskap om eerder ‘n  staat van Palestina te erken. Hy sê die resultate van die wankelende pad oor die afgelope 30 jaar wys dat ‘n ander benadering gevolg moet word. Dit sal  volgens hom ‘n erkenning van die staat van Palestina deur die internasionale gemeenskap en sy integrasie in die Verenigde Nasies behels. Die wapenstilstand, wat met die hulp van Katar, die Verenigde State en Egipte onderhandel is, vorder steeds goed en nog gyselaars en gevangenes sal vandag vrygelaat word.