Al-Sisi vat amper 90% van stemme

Die president van Egipte, Abdel Fattah al-Sisi, het met 89,6 persent van die stemme ‘n nuwe termyn van ses jaar beklink. ‘n Ongekende 66,8 persent van die kiesers het gestem. Meer as 39 miljoen het hul stemme uitgebring vir Sisi, ‘n voormalige hoof van die weermag wat al ‘n dekade lank die digsbevolkte Arabiese land regeer. Die president het teen drie relatiewe onbekendes te staan gekom. Die naaswenner, die leier van die Republican People’s Party, Hazem Omar, het 4,5 persent van die stemme gekry.