Gauteng-ouers doen 5 700 laat aansoeke vir skole

Die Gautengse Departement van Onderwys sê die 2024 aanlyn toelatingstelsel het meer as 5 700 laat aansoeke vir graad een en agt ontvang. Dit sluit 2 656 vir graad een en net meer as 3 000 vir graad agt in. Hierdie aansoekers is onmiddellik by skole met beskikbare plek geplaas. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê slegs skole wat plek het vir 2024 is tans op die stelsel beskikbaar: