Al Kaïda sê vir CNN die oorlog is nie verby nie

CNN berig dat twee Al Kaïda-woordvoerders aan die netwerk gesê het die oorlog teen Amerika is nog lank nie verby nie en dit sal voortgaan tot hulle uit die res van die Islamitiese wêreld verban is. Dit volg nadat President Joe Biden onlangs aangekondig het dat alle Amerikaanse soldate teen die einde van September uit Afghanistan onttrek sal wees. Dit is vanjaar die 20ste herdenking van die 9/11-terroriste-aanvalle op Amerika. Hierdie naweek is dit 10 jaar sedert die baasbrein agter die aanvalle, Osama Bin Laden, deur Seal Team 6 in Pakistan doodgemaak is.