Al Jazeera het vandag weer iets oor Fishrot-skandaal

Alle oë sal vandag op die ondersoekende eenheid van die Al Jazeera nuusagentskap wees. Die eenheid het laat gister getwiet dat volgelinge die blad moet dop hou en bystaan vir ‘n nuusbreker oor die Fishrot-skandaal. Die eenheid het 3 maande geheime joernaliste gebruik om die omkoopskandaal oop te vlek en op 12 November 2019 het Wikileaks die dokumente gepubliseer. Die sogenaamde Fishrot-6 is op verkiesingsdag op 27 November in hegtenis geneem. Hulle Hoërhof saak begin op 22 April vanjaar en almal is steeds in aanhouding.