Al gee binnelandse sake toe, Swapo het steeds ‘n gay-huwelikplan

Terwyl daar groot opgewondenheid is oor die ministerie van binnelandse sake dat hy voortaan buitelandse burgers in gay-huwelike, ingevolge die Namibiese immigrasiewette wat van toepassing op heteroseksuele huwelike is, sal erken, is daar steeds kommer oor presies wat die Swapo-regering beplan om te doen. Die party het reeds te kenne gegee dat hy opsies oorweeg om die beslissing van die hooggeregshof ter syde te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Linda Baumann, ‘n deurwinterde geslagsaktivis gepraat oor haar mening in die verband, veral met die algemene verkiesings wat nader kom.