Al 1 800 Chinese burgers in Namibië reeds geënt

Die Chinese Ambassadeur in Namibië Zhang Yiming sê die 1 800 Chinese burgers in Namibië is almal reeds ingeënt teen Covid. Die Sinopharm entstof is gebruik. Volgens Zhang, is hulle reeds verlede maand ingeënt.
Dit is nie duidelik of die geskenkte entstof vir die veldtog gebruik is nie. Die Namibiese regering het spesifieke teikengroepe daargestel vir die eerste fase van die inentingsprogram en winkel eienaars en besigheidsmense vorm nie deel van die groep nie. Die plaaslike ambassade het streng beheer maatreëls op sy landsburgers toegepas met die pandemie en verlede jaar het hy self die kwarantyn van sy landsburgers hanteer soos hulle teruggekeer het na die Chinese nuwe jaar.