Aktivis vir San-gemeenskappe beaam onwettige omheining is ‘n probleem

‘n Aktivis vir San-gemeenskappe het gereageer op die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein wat meen die kwessie van onwettige omheining en die verwydering van mense van hervestigingsplase wat deur die regering aan hulle toegeken is, moet met dringend aangespreek word. Hy het plaas Bravo in die Kavango Wes-streek besoek waar ‘n toestroming van bees-eienaars na bewering uit die Ohangwena- en Oshikoto-streke groot gebiede omhein het. Schlettwein sê dit dwing die San-gemeenskap om elders weiding te soek, terwyl hulle na regte hervestig is. Hy sê dit is ‘n baie ernstige saak en die ministerie is vasbeslote om alles in sy vermoë te doen om die onwettige heinings te verwyder en die mense wat dit opgerig het, aan te kla. Kileni Fernando, sê aan Kosmos 94.1 Nuus onwettige omheining is ‘n groot probleem vir die San-gemeenskappe.