Aktivis sê Kaapstad se toeslag is onwettig

‘n Verbruikersaktivis in Kaapstad, Sandra Dickson, sê dit sal interessant wees om te sien wat ‘n hof in die buurland sou bevind oor wat sy noem ‘n ongereguleerde tarief per elektrisiteitseenheid wat die Kaapstadse metro verlede maand ingestel het. Dickson sê hoewel die stad dit ‘n toeslag noem, het hulle nie die reg om hierdie bykomende heffing van 29 sent per eenheid in te stel sonder die goedkeuring van die nasionale regering of ‘n proses van openbare deelname nie. Dickson sê geen goedkeuring is vir dié toeslag gegee nie: