Ondonga-koning se stoor staan inwoners by, indien nodig

Selfs tydens die droogte het die Ondonga Tradisionele Owerheid ‘n plan vir voedselsekerheid vir inwoners. By die Ondonga-koning se paleis is daar ‘n stoorplek vir grane. Die stoorplek is waar die tradisionele owerheid produkte van die koning se lande, wat deur plaaslike boere aangeplant en ge-oes word, stoor. In droogtetye sal dié produkte aan diegene wat in nood is, uitgedeel word. Kosmos 94.1 Nuus het aan die sekretaris van die owerheid, Frans Enkali, gevra of die koning se stoorplek genoeg voorraad het in geval van ‘n noodgeval.