Aktivis reageer op gebedsgroep vir borgtog vir Fishrot-beskuldigde

Vriende en familie van die Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo sal vanaand om ses-uur ‘n gebedsessie hou sodat hy op borgtog vrygelaat kan word. Hoërhofregter Herman Oosthuizen sal môreoggend sy beslissing in die verband maak. Die groep vra dat Namibiërs landswyd om ses-uur vir Gustavo sal bid. Aktivis Rosa Namises het haar reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus so verwoord.