Aktivis: Geslagsgelykheid in Namibië net op papier

‘n Plaaslike geslags-aktivis sê geslagsgelykheid in Namibië bestaan net op papier. Hy het gereageer op navorsing van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram wat daarop dui dat geslags-ongelykheid stagnant bly weens kulturele vooroordele en maatskaplike druk. Die verslag het bevind nege uit tien mans en vroue het steeds inherente vooroordele teenoor vroue. Die helfte van die wêreldbevolking glo mans is beter politieke leiers. Die verslag het ook aan die lig gebring een uit vier mense glo dit is geregverdig wanneer ‘n man sy vrou fisies aanrand. Aktivis, Ngamane Karuaihe-Upi, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…