Aktiewe Covid-gevalle steek 10 000 verby

Die Namibiese Gesondheidsministerie het 1 206 nuwe Covid-gevalle in 14 streke uit 3 325 toetsuitslae aangekondig. In die groep is 244 leerders, 61 onderwysers, 47 studente en 39 gesondheidswerkers. Daar is tans 10 432 aktiewe gevalle met 406 mense in hospitale, waarvan 79 in intensiewesorg- en 26 in hoësorg-eenhede is. ‘n Totaal van 32 sterfgevalle is aangekondig, waarvan 19 in Windhoek.