Akkerbouraad verduidelik oor peperduur tamaties

Tamaties is op die oomblik peperduur en sommige winkels verkoop ‘n kilogram-sakkie vir meer as 40 Namibiese dollar. Volgens Gilbert Mulonda, van die Namibiese Akkerbouraad ,wat ook die grense vir sommige tamatie-invoere gesluit het gedurende Maart, is daar verskeie redes hiervoor en die tekorte word nie net plaaslik ervaar nie.

Hy sê daar is ook uitdagings met die blaarmot, Tuta absoluta, maar voeg by dat pryse weer sal daal.