Akkerbouraad beperk wit-mielie invoere vanaf 1 Mei

Die Namibië Akkerbouraad, NAB, het ‘n beperking op die invoer van wit mielies na Namibië tydens die 2024 bemarkingseisoen uitgereik. Dit is deur NAB se uitvoerende hoof, Fedelis Mwazi, aangekondig en die inligting is met mielieboere en meulenaars gedeel. Namibië sal na verwagting in vanjaar se bemarkingseisoen altesaam 30 923 ton wit mielies oes. Die beperkings sal vanaf 1 Mei geld. Mwazi sê die verwagte oes sal aan meulenaars toegeken word op grond van hul historiese gemiddelde witmielie-vraag in die vorige geslote grens-seisoen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die raad se woordvoerder, Auguste Fabian.

Fabian voeg by dat stappe gedoen sal word om plaaslike markte te beskerm.