Akademie vergader vandag oor Will Smith

Die akademie in beheer van die Oscars bespreek vandag die wenner van een van die beeldjies, Will Smith, se optrede tydens die onlangse toekenningsgeleentheid. Die vergadering is vervroeg nadat Smith uit die liggaam bedank het nadat hy die aanbieder Chris Rock in die gesig geklap het. Die president van die akademie, David Rubin, het raadslede ingelig oor die nuwe datum van die vergadering om te besluit oor moontlike stappe teen die akteur. Dit is glo onwaarskynlik dat hy sy Oscar ontneem sal word omdat ander ontvangers hulle s’n behou het ten spyte van skandale na die ontvangs daarvan.