Akademia hoërskool stuur leerders huis toe – Covid

Ouers van leerders in Akademia hoërskool in die hoofstad is vanoggend ingelig om hul kinders onmiddellik by die skool te gaan haal. Volgens berigte het ‘n onderwyser positief vir Covid getoets. Die skool sal môre ook gesluit wees. Covid-gevalle is plaaslik steeds laag maar, daar is uitdagings met uitbrekings in skole en onlangs het Windhoek Hoërskool ook deurgeloop met meer as 30 gevalle wat in een dag bevestig is.