Air New Zealand gaan passasiers weeg

Air New Zealand het ‘n passasier-weegstelsel ingestel as deel van sy veiligheids-protokol vir internasionale vlugte. ‘n Vragbeheer-spesialis by die lugredery, Alastair James, verduidelik die opname het ten doel om die veiligheid van die vliegtuig te verseker deur die gewig van alle items aan boord akkuraat te bepaal. James sê die doelwit is om die gewig en balans van die vliegtuig te ken, insluitend die passasiers en hul besittings, aangesien dit ‘n groot bekommernis is wanneer die vliegtuig oorlaai is.