Air Namibia-werkers kamp by kantore uit

Die voormalige werknemers van Air Namibia wat Maandag na die bankrot redery se oud-hoofkantoor opgeruk het, kamp nou buite die gebou uit. Hulle eis betaling van hul skeidingspakkette. Die likwidateurs Dave Bruni en Ian McClaren sukkel op die oomblik om die redery se bates te verkoop en daar is groot uitdagings om die totale skuld van amper 3 miljard Namibiese dollar te delg. Daar word 105,5 miljoen dollar aan werknemers geskuld. Die redery se loodse het onlangs met die likwidateurs ontmoet en onderneem om te wag so hulle vorm nie deel van die groep nie. Die verteenwoordiger van die werkers wat by die gebou kamp, Renier Bougaard het aan plaaslike media bevestig dat hulle nêrens gaan voor hulle nie hulle geld gekry het nie. Die redery is op 26 Maart verlede jaar gelikwideer.