Air Namibia: Nog net N$60m ingewin in likwidasie

Die Namibiese finansminister, Ipumbu Shiimi, sê die likwidateurs van Air Namibia het tot dusver net daarin geslaag om sowat 60 miljoen Namibiese dollar in te vorder. Volgens Shiimi is die finale administrasie van Air Namibia buite die regering se beheer en in volle bestuur van Dave Bruni en Ian McClaren wat die likwidasie-proses hanteer. Hy het ook in die Nasionale Vergadering enige bewerings dat hy en sy ministerie weier om met oud-werknemers te vergader ontken, en sê dat talle konsultasies met die oud-personeel plaasgevind het. Hy het ook melding gemaak vandie ex-gracia betaling wat aan die werknemers gemaak is en dat daar nie verdere betalings sal wees nie. Die likwidasie-proses moet afgehandel word.