Agt verskyn in Durban-hof oor Julie-onrus

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig agt mense het vandag in die landdroshof in Durban verskyn in verband met die onrus in KwaZulu-Natal in Julie verlede jaar. Hulle word aangekla van sameswering om openbare geweld te pleeg, aanhitsing om openbare geweld te pleeg en aanhitsing om brandstigting te pleeg. Die woordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê die verdagtes is op borgtog vrygelaat en die saak is tot volgende week uitgestel.