Agt vermeende renosterstropers vasgetrek

Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig dat agt vermeende renosterstropers in hegtenis geneem is. Twee afsonderlike stropingsvoorvalle het in die Etosha Nasionale Park plaasgevind. Twee van die verdagtes is by padblokkades tussen Otavi en Tsumeb vasgetrek en is borgtog in die hof geweier. Ander verdagtes is op die pad tussen Outjo en Otavi aangekeer. Verdere ondersoek het gelei tot die arrestasie van drie lede van ‘n teenstropings-eenheid van ‘n plaas, wat vermoedelik die renosterhorings verskaf het. Die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda versoek Namibiërs om wildstropery te rapporteer.