Agt mense sterf ná Chinese hotel ineengestort het

Minstens agt mense het gesterf toe ‘n gedeelte van ‘n hotel in Suzhou, China ineengestort het. Nege mense word vermis terwyl reddingswerkers steeds in die puin van die hotel na oorlewendes soek. Plaaslike media berig 14 mense is gered en daar word reeds ondersoek ingestel na die oorsaak van die voorval. Die bekostigbare hotel is in 2018 geopen en daar is 54 kamers.