Agt kandidate vir tussenverkiesing op Swakopmund aangewys

Die Verkiesingskommissie van Namibië het die agt kandidate aangekondig van die streeksraad se tussenverkiesing van die Swakopmund-kiesafdeling op 12 Augustus. Die kandidaat vir die United Democratic Front of Namibia is Zerold Dantu, terwyl Rodger Dausab die kandidaat vir die Namibia Economic Freedom Fighters is. Louisa Kativa sal die Independent Patriots for Change verteenwoordig, terwyl Tangeni Musheka vir die Landless Peoples Movement sal staan, Salomon Nehemia vir Swapo, Kurzbach von Seydlitz vir die United Peoples Movement en Lelani Pascheka vir die Popular Democratic Movement. Williward Narib sal as onafhanklike kandidaat staan.