Agt is oor vir Boris se pos

Agt kandidate het die eerste ronde gehaal van die Konserwatiewe Party se leierskapstryd om die Britse eerste minister, Boris Johnson, te vervang. Hulle is Rishi Sunak, Nadhim Zahawi, Liz Truss, Penny Mordaunt, Jeremy Hunt, Suella Braverman, Kemi Badenoch en Tom Tugendhat. Elke kandidaat het 20 Tory-parlementslede se ondersteuning nodig gehad om dié ronde te haal. Britse media berig ander Konserwatiewe parlementslede stem vandag om die kandidatelys te verklein en kandidate het nou 30 stemme nodig om die tweede ronde te haal.