Agt hospitaalbrande in sewe jaar in Gauteng

Die DA in Gauteng is bekommerd omdat Woensdag se brand by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal die derde brand by ‘n provinsiale openbare hospitaal hierdie jaar is, en die agtste binne sewe jaar. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens die provinsiale departement van gesondheid het die brand by Baragwanath naby die Covid-tente ontstaan. Hy sê dit het na die wasgoedterrein versprei voordat die Stad Johannesburg se brandweerdienste dit geblus het.