Agt gevangenes is soek in die Noorde

Die Namibiese polisie is op soek na agt gevangenes wat Sondag uit die Ondangwa polisie-aanhoudingselle ontsnap het. Die gevangenes het na bewering deur die dak ontsnap, wat hulle iewers gedurende Sondagaand met onbekende voorwerpe oopgesny het. Hulle word as gevaarlike misdadigers beskou en enigiemand wat hulle raakloop moet nie probeer om hulle in hegtenis te neem nie, maar hulle by hul naaste polisiekantoor aanmeld. Die vyf Namibiërs en drie Angolese word aangekla van moord, verkragting, huisbraak, roof en geslagsgeweld.