AgriSA verwelkom mislukking van grondonteiening-wetsontwerp

AgriSA sê die poging om Artikel 25 van die Grondwet te wysig was hopelik die laagste punt in die ingrypende benadering tot grondhervorming. Die ANC se poging om die Grondwet se 18de Wysigings-wetsontwerp deur te voer om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat, het gister in die parlement misluk. AgriSA se woordvoerder, Annelize Crosby, sê ‘n gebrek aan vordering met grondhervorming het waarskynlik tot die huidige klimaat van radikalisme en polarisasie gelei.