Angolese grense gesluit, maar vlugtelinge stroom steeds Namibië in 

Angolese vlugtelinge stroom steeds Namibië in, alhoewel Angolese grensposte gesluit is. Angola het sy grense vir Suider-Afrikaanse lande, Namibië inkluis, gesluit en die Angolese nasionale lugredery TAAG het ook vlugte na dié lande opgeskort. Dit geld tot 5 Januarie 2022. Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek waar die Angolese vlugtelinge bly, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is tyd dat die internasionale gemeenskap ingryp.