AgriBusDev gaan ontbind

Die staatsonderneming AgriBusDev, wat die groen skemas van die regering bestuur, sal ontbind word. Die waarnemende besturende direkteur, Berfine Antindi, het die personeel vandag in ‘n interne memorandum van die ontwikkeling ingelig. Sy het gesê geen werksverliese gaan gely word nie. Die vakbondkongres van Namibië, se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar geen amptelike uitspraak van die Namibiese landbouministerie of die ministerie van staatsondernemings is nie, maar slegs ‘n interne memorandum. Kavihuha doen ‘n beroep op die twee ministeries om inligting te verskaf.