Agribank en DBN gee lenings vir omgewings-landbou

Agribank en die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken wat verband hou met die mede-finansiering van beheerde omgewings-landbou-aktiwiteite in Namibië. Die ooreenkoms erken ook die gesamentlike belang van die twee banke in die bevordering van landbou as ‘n roete na ekonomiese groei en voedselsekerheid. Luidens ‘n verklaring van Agribank behels die landboufinansiering voorsiening van grond en fasiliteite wat konsekwente produktiwiteit moontlik maak, asook infrastruktuur wat die impak van droogte en wisselende weer verminder, soos onder meer besproeiing, groente-tonnels, groenskemas en akwakultuur. Die twee banke sal ook parallelle geleenthede van wedersydse belang identifiseer en albei banke kan saamwerk aan finansiering vir landbou.